Taika Waititi | |
---|---|
Waititi in 2019 by die San Diego Comic-Con. | |
Gebore | Taika David Cohen Augustus 1975 (49 jaar oud) Raukokore, Bay of Plenty, Nieu-Seeland |
Nasionaliteit | Nieu-Seelands |
Ander name | Taika Cohen |
Beroep | Akteur, komediant, rolprentvervaardiger |
Jare aktief | 1999-tans |
Eggenoot | Chelsea Winstanley (2011-2018) |
Kinders | 2 |
Noemenswaardige werke |
|
Taika David Cohen ONZM (gebore 16 Augustus 1975), professioneel bekend as Taika Waititi, is 'n Nieu-Seelandse akteur, regisseur, komediant, skrywer en rolprentvervaardiger. Hy is die ontvanger van 'n Academy Award, Bafta en Grammy. Sy rolprente Boy (2010) en Hunt for the Wilderpeople (2016) het albei in dié jare die meeste geld by die Nieu-Seelandse loket verdien.[1][2]
Waititi se film Two Cars, One Night van 2003 het aan hom 'n Oscarbenoeming besorg vir die beste aksiekortprent. Sy mees onlangse prente as regisseur sluit in die superheldprent Thor: Ragnarok (2017) en die swart komedie Jojo Rabbit (2019). Hy het laasgenoemde ook geskryf en daarin gespeel as 'n denkbeeldige weergawe van Adolf Hitler. Jojo Rabbit het ses Oscarbenoemings gekry en het gewen vir die beste verwerkte draaiboek. Waititi het ook 'n Grammy gewen vir die prent se klankbaan.